Sien jou gat Kullid style

Eendag op n reen dag, oh nee donder dit was n sonnige daggie

Sit ons op die stoep en all of a sudden klap die skootte

Watte gemoer gaan hier aan, dink ek by myself

Hier sien iemand sy gat in n vis blik

Jy hoor net Ba, ba, ba, ba, ba,ba

Ons vleig soos ou kalkoene op, vrek geskrik

Sien ons hier die ouens spat, spat vir hul lewe

Wil mos met hulle nwata gedagtes kom

Min het hul geweet hier kom nou k@k

Een skoot vleig verby die merrim langs, sin se dak

Sy gil so hard, dat gatiep in Hanover Park dit kan hoor en homself verkak

Dis net geraas van al kante, die gangs is alweer besig

Ou dik gat, spat te stadig en daar het hul hom

Sjoe, dai kop klap op die pavement as of iemand plat mag in die pool gespring het

So voorbarrig soos kan kom, ons wil nou agter die kap van die byl kom

Wat foot foot nonsense gaan nou aan,

Toe hoor ons n stemmetjie se, dis ons, ons wil hul rob

Fokkel geweet die ouens is gewapen.

Die young one’s het gedink hul score

Maar my ouma het altyd gese, hou jou vingers uit ander mense se pie uit

Maar oor was min.

En dis hoe gou jy jou gat kan sien…onderste bo met jou stert in die lug.

Leave a comment